Jesaja 48
Afrikaans PWL
1Hoor dit, huis van Ya’akov, wat Yisra’el genoem word en wat uit die lendene van Y’hudah voortgekom het, wat sweer by die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה en die God van Yisra’el aanroep, maar nie in waarheid of in onpartydige opregtheid nie,

2al beroep hulle hulself op die afgesonderde stad en leun op die God van Yisra’el; יהוה-Tzva’ot is Sy Naam (Karakter en Outoriteit).

3Ek het die vorige dinge lankal verkondig en hulle het uit My mond uitgegaan en Ek het hulle verklaar; skielik het Ek opgetree en dit het gebeur.

4Omdat Ek weet dat jy halsstarrig en jou nek ’n ystersening is en jou voorkop koper;

5daarom het Ek hulle lank tevore aan jou verkondig; voordat dit gebeur het, het Ek dit aan jou verkondig sodat jy nie sou sê: ‘My afgod het dit gedoen en my gesnede beeld en my gegote beeld het dit beveel nie.’

6Jy het gehoor; kyk na dit alles! Sal júlle dit nie verkondig nie? Van nou af aan verkondig Ek aan julle nuwe dinge, geheime dinge wat jy nie geweet het nie.

7Hulle is nou geskep en nie lank terug nie en voor vandag het jy hulle nie gehoor nie sodat jy nie kan sê: ‘Let op, ek het dit geken,’ nie

8Jy het dit nie gehoor nie, jy het dit nie geken nie. Selfs van lank gelede is jou oor nie oopgemaak nie, want Ek het geweet dat jy baie verraderlik sal optree en dat jy van geboorte af ’n rebel genoem is.

9Om My Naam (Karakter en Outoriteit) ontwil vertraag Ek My toorn en terwille van My lofprysing sal Ek jou behou en jou nie vernietig nie.

10Let op, Ek het jou gesuiwer, maar nie soos silwer nie; Ek het jou getoets in die hoogoond van ellende.

11Om My ontwil, om My ontwil sal Ek dit doen sodat My Naam nie onteer sal word nie en Ek My lof, eer en aanbidding nie aan ’n ander sal gee nie.

12Luister na My, o Ya’akov, Yisra’el wat Ek geroep het; Ek is Hy; Ek is die Eerste, Ek is ook die Laaste.

13Sekerlik het My hand die aarde begin en My regterhand die hemele uitgesprei; wanneer Ek na hulle roep, staan hulle saam.”

14Kom bymekaar, julle almal en luister! Wie onder julle het hierdie dinge verkondig? יהוה het hom lief; Hy sal Sy goeie plesier oor Bavel uitvoer en Sy arm sal teen die Kasdeërs wees.

15“Ek, Ek het gepraat; inderdaad het Ek hom geroep, Ek het hom gebring en Ek sal sy paaie suksesvol maak.

16Kom nader na My toe, hoor hierdie: Ek het van die begin af nie in die geheim gepraat nie; vanaf die tyd dat dit gebeur het, was Ek daar!” Nou het die Meester יהוה en Sy Gees my gestuur.

17So sê יהוה, jou Verlosser, die Afgesonderde Een van Yisra’el: “Ek is יהוה, jou God, wat jou leer om uit te styg, wat jou lei op die pad wat jy moet gaan.

18As jy maar net na My opdragte geluister het, dan sou jou vrede wees soos ’n rivier en jou onpartydige opregtheid soos die golwe van die see.

19Jou nakomelinge sou wees soos die sand en jou nageslag soos sy korrels; hulle naam sou nooit afgesny of vernietig word van My Teenwoordigheid nie!

20Gaan weg van Bavel! Vlug weg van die Kasdeërs! Verklaar met die klank van vreugdevolle krete, verkondig dit, stuur dit uit na die eindes van die aarde!” Sê: “יהוה het Sy kneg Ya’akov losgekoop.”

21Hulle het nie dors gehad toe Hy hulle deur die woestyne gelei het nie. Hy het water uit die rots vir hulle laat vloei; Hy het die rots oopgekloof en die water het uitgevloei.

22“Daar is geen vrede vir die bose oortreder nie,” sê יהוה.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Isaiah 47
Top of Page
Top of Page