Jesaja 31
Afrikaans PWL
1Wee hulle wat na Mitzrayim aftrek vir hulp, wat vertrou op perde en in strydwaens omdat daar baie is en op perderuiters omdat hulle baie sterk is, maar hulle kyk nie na die Afgesonderde van Yisra’el of soek nie na יהוה nie.

2Nogtans is Hy ook wys en sal ’n ramp bring en trek nie Sy woorde terug nie, maar sal opstaan teen die huis van die boosdoeners en teen die hulp van die werkers van onregverdigheid.

3Nou, die Mitzrayiete is mense en nie God nie en hulle perde is vlees en nie gees nie; so sal יהוה Sy hand uitstrek en hy wat help sal struikel en wie gehelp is, sal val en almal van hulle sal saam tot ’n einde kom,

4want so sê יהוה vir my: “Soos die leeu of die jong leeu grom oor sy prooi wanneer ’n groep herders teen hom uitgeroep word, sal hy nie beangs wees vir hulle stem of omgekrap wees oor hulle geraas nie, só sal יהוה-Tzva’ot afkom om oorlog te maak vir die berg Tziyon en sy heuwel.”

5Soos swewende voëls, so sal יהוה-Tzva’ot op Yerushalayim afkom. Hy sal afkom om dit te beskerm, te bevry en dit red.

6Draai terug na Hom van Wie julle ver weggeval het, o seuns van Yisra’el, 7want in dié dag sal elke mens sy silwer afgode en sy goue afgode weggooi, wat julle sondige hande vir julle as ’n sonde gemaak het.

8Ashur sal val deur ’n swaard, nie van ’n man nie en ’n swaard, nie van ’n mens nie, sal hom verteer. So sal hy nie die swaard ontvlug nie en sy jongmanne sal dwangarbeiders word.

9“Hy sal bly in sy rotsagtige blyplekke en sy prinse sal oorwin word voor die banier,” verklaar יהוה, wie se vuur in Tziyon is en wie se vuuroond in Yerushalayim is.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Isaiah 30
Top of Page
Top of Page