Jesaja 25
Afrikaans PWL
1יהוה, U is my God! U sal ek oplig; ek sal dank gee aan U Naam (Karakter en Outoriteit), want U het wonders gedoen, getroue raadgewing gegee vanaf lank terug, dit is waar ,

2want U het ’n stad verlaag tot ’n hoop, ’n versterkte vesting tot ’n puinhoop; ’n paleis van vreemdes is geen stad meer nie, dit sal nooit weer herbou word nie.

3’n Sterk volk sal U daarom loof en eer, stede van gewetenlose nasies sal U respekvol vrees,

4want U is ’n Verdediging vir die hulpelose, ’n Verdediging vir die behoeftige in sy benoudheid; ’n Skuilplek teen die storm, ’n Skaduwee teen die hitte, want die asem van die gewetenlose is soos ’n storm teen ’n muur.

5Soos hitte tydens droogte, onderdruk U die oproer van vreemdes; soos hitte deur die skaduwee van ’n wolk word die lied van die gewetenlose stil gemaak.

6יהוה-Tzva’ot sal op hierdie berg vir al die volke ’n oorvloedige feesmaal voorberei; ’n feesmaal van verouderde en ryk wyne, van die dinge wat behoort aan ons hemelse Verlosser en die Magtige Een.

7Hy sal ook die invloed en aansien van die regeerder wat oor al die volke geheers het, op hierdie berg vernietig, as gevolg van die slagting onder al die nasies.

8Hy sal dood vir alle tye insluk in oorwinning en die Meester, יהוה-Tzva’ot, sal die trane van alle gesigte af afvee en Hy sal die smaad van Sy volk van die hele aarde af verwyder, want יהוה het gepraat.

9Dit sal in daardie dag gesê word: “Let op, hierdie is ons God vir Wie ons gewag het dat Hy ons kan red. Dit is יהוה vir Wie ons gewag het; ons sal in die rondte swaai van vreugde oor Hom en ons verheug in Sy redding,”

10want die hand van יהוה sal rus op hierdie berg en Mo’av sal vertrap word in sy plek soos strooi vertrap word in die water van ’n mishoop

11en hy sal sy hande uitsprei daarin soos ’n swemmer dit uitsprei om te swem en Hy sal hulle trotsheid laag neerlê saam met die buit van hulle bendes.

12Die vesting van verraad van jou rebelse manne en jou sterk mure sal Hy afbreek, laag neerlê in die grond, selfs tot in die stof.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Isaiah 24
Top of Page
Top of Page