Hebreërs 5
Afrikaans PWL
1Elke hoofpriester, wat vanuit die mense is, is aangestel om in die plek van mense aangaande die dinge van God op te tree; om offers en brandoffers vir die sondes te bring. 2Hy wat homself kan verneder en ly saam met die wat nie weet nie en die wat oortree omdat hy self ook met swakheid geklee is, 3hy is verskuldig om, net soos vir die mense, so ook vir homself te offer vir sy sondes. 4’n Mens het nie vir homself díé eer gevat nie, maar hy wat deur God geroep is, soos Aharon.

5Net so het ook Die Gesalfde Een nie Sy lewe vereer om nie-Levitiese Hoofpriester te word nie, maar vir Hóm wat gesê het: “Jy is My Seun, vandag het Ek jou in die lewe gebring.”

6Soos Hy ook op ’n ander plek gesê het: “Jy is nie-Levitiese Priester vir ewig, volgens die beeld van Malki-Tzedek.”

7Ook toe Hy in die vlees geklee was, het Hy gebede en versoeke met ’n kragtige geroep en trane aan Hóm geoffer, wat Hom uit die dood uit lewe kon gee en Hy is verhoor. 8Alhoewel Hy die Seun is, het Hy gehoorsaamheid geleer deur respekvolle vrees en lyding 9en so is Hy volmaak gemaak en het Hy vir almal wat aan Hom gehoorsaam is, die Rede vir die ewige lewe geword. 10Hy is deur God as Hoofpriester aangestel, volgens die beeld van Malki-Tzedek.

11Ons het baie te sê in ons redevoering aangaande Hom en dié Malki-Tzedek en dit is moeilik om te verduidelik omdat julle swak geword het in julle gehoor, 12want alhoewel julle, vanweë die tyd wat julle geleer het, leermeesters behoort te wees, het julle weer nodig dat ’n mens julle moet leer wat die eerste beginsels van die woorde van God is en het julle weer ’n behoefte aan melk en nie aan vaste kos nie, 13maar elkeen wat melk drink, is nie bekend met die boodskap van onpartydige opregtheid nie omdat hy ’n baba is, 14maar vaste kos is vir volwassenes, wat, deur oefening, hulle sintuie leer om goed van kwaad te onderskei.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Hebrews 4
Top of Page
Top of Page