Haggai 2
Afrikaans PWL
1Op die een en twintigste van die sewende maand het die boodskap van יהוה deur die profeet Haggai gekom en gesê: 2“Praat nou met Z’rubavel, die seun van Sh’alti’el, goewerneur van Y’hudah en met Y’hoshua, die seun van Y’hotzadak, die hoofpriester en met die wat oorgebly het van die volk en sê: 3‘Wie is oor onder julle wat hierdie huis in sy vroeëre lof en eer gesien het? Hoedanig sien julle dit nou? Lyk dit nie vir julle soos niks in vergelyking nie? 4Nou dan, skep moed Z’rubavel,’ verklaar יהוה’ en skep moed Y’hoshua, die seun van Y’hotzadak, die hoofpriester en skep moed al julle mense van die land,’ verklaar יהוה, ‘en werk, want Ek is by julle,’ verklaar יהוה-Tzva’ot. 5‘Wat die belofte betref wat Ek gemaak het toe julle uit Mitzrayim uit gekom het, My Gees bly tussen julle; moenie bang wees nie!’ 6Want so sê יהוה-Tzva’ot: “Weer ’n keer, oor ’n kort rukkie, gaan Ek die hemel en die aarde en die see en die droë grond skud. 7Ek sal al die nasies skud en hulle sal kom met die skatte van al die nasies en Ek sal hierdie huis met lof en eer vol maak,’ sê יהוה-Tzva’ot. 8‘Die silwer en die goud is Myne,’ verklaar יהוה-Tzva’ot. 9‘Die latere lof en eer van hierdie huis sal groter wees as die vroeëre,’ sê יהוה-Tzva’ot; ‘en in hierdie plek sal Ek vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid gee,’ sê יהוה-Tzva’ot.”

10Op die vier en twintigste van die negende maand in die tweede jaar van Daryavesh, het die boodskap van יהוה gekom tot Haggai, die profeet en gesê: 11“So sê יהוה-Tzva’ot: “Vra nou die priesters vir ’n uitspraak: 12‘As iemand afgesonderde vleis in die vou van sy kleed dra en hy sou aan brood of iets wat gekook is, of wyn of olie of watter spys ook al, raak met sy vou, sal dit afgesonderd word?’” Die priesters het geantwoord: “Nee.” 13Toe sê Haggai: “As iemand wat deur ’n lyk onrein is, aan al hierdie dinge sou raak, sal dit onrein wees?” Die priesters het geantwoord: “Dit sal onrein word.” 14Toe antwoord Haggai: “’Só is hierdie volk en só is hierdie nasie in My Teenwoordigheid,’ verklaar יהוה, ‘en só is elke werk van hulle hande en wat hulle dáár offer, onrein. 15Beoordeel egter nou van hierdie dag af terug: voordat ’n steen op ’n ander gelê is in die tempel van יהוה, 16vanaf daardie tyd, wanneer iemand by ’n koringmied van twintig maat gekom het, was daar net tien; wanneer hy by die parskuip gekom het om vyftig mates te skep, was daar net twintig. 17Ek het julle en al die werk van julle hande swaar getref met stormende winde, muf en hael; nogtans het julle nie na My toe gekom nie,’ verklaar יהוה. 18‘Gee vanaf die vier en twintigste dag van die negende maand, van hierdie dag af aandag; vanaf die dag dat die tempel van יהוה opgestel is, oorweeg dit. 19Oorweeg dit, want daar is geen saad in die skuur nie en die wingerdstok, die vyeboom tot nou toe, die granaatboom en die olyfboom, het niks opgelewer nie. Nogtans, van hierdie dag af aan sal Ek hulle seën,’ sê יהוה

20Toe het die boodskap van יהוהvir die tweede keer tot Haggai gekom op die vier en twintigste van die maand en gesê: 21“Praat met Z’rubavel, goewerneur van Y’hudah en sê: “Ek gaan die hemel en die aarde skud. 22Ek sal die trone van koninkryke omverwerp en die krag van die koninkryke van die nasies vernietig en Ek sal die strydwaens en die wat daarop ry, omverwerp en die perde en hulle ruiters sal val, die een deur die swaard van die ander.’ 23‘Op daardie dag,’ verklaar יהוה-Tzva’ot, ‘sal Ek jou vat, Z’rubavel, seun van Sh’alti’el, My dienskneg,’ verklaar יהוה ‘en Ek sal jou maak soos ’n seëlring, want Ek het jou gekies,’” verklaar יהוה-Tzva’ot.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Haggai 1
Top of Page
Top of Page