Genesis 46
Afrikaans PWL
1Yisra’el het vertrek met alles wat aan hom behoort het, by Be’er-Sh’va gekom en offers gebring aan die God van sy vader Yitz’gak. 2God het met Yisra’el gepraat deur visioene in die nag en uitgeroep: “Ya’akov, Ya’akov!” Hy antwoord: “Hier is ek!” 3Hy sê: “Ek is die Magtige God, die God van jou vader. Moenie bang wees om na Mitzrayim af te gaan nie, want Ek sal van jou ’n groot nasie daar maak. 4Ek sal saam met jou afgaan na Mitzrayim en Ek sal opstaan en jou weer laat terugkom en Yosef sal sy hande op jou oë sit wanneer jy sterf.”

5Ya’akov het opgestaan vanaf Be’er-Sh’va en die seuns van Yisra’el het hulle vader Ya’akov met hulle kinders en hulle vroue op die waens gelaai wat Farao gestuur het om hom te vervoer. 6Hulle het hul vee en besittings wat hulle in die land Kena’an bymekaargemaak het gevat en in Mitzrayim gekom, Ya’akov en al sy saad saam met hom. 7Sy seuns en sy kleinseuns; sy dogters en sy kleindogters en al sy saad het hy saam met hom na Mitzrayim gebring.

8Dit is die name van die seuns van Yisra’el wat na Mitzrayim gegaan het; Ya’akov en sy seuns. Die eersgeborene van Ya’akov was Re’uven. 9Die seuns van Re’uven: Hanokh, Pallu, Hetzron en Karmi. 10Die seuns van Shim’on: Y’mu’el, Yamin, Ohad, Yakhin, Tzogar en Sha’ul, die seun van die Kena’anitiese vrou. 11Die seuns van Levi: Gershon, K’hat en M’rari. 12Die seuns van Y’hudah: `Er, Onan, Shelah, Peretz en Zerag, maar `Er en Onan het gesterf in die land Kena’an. Die seuns van Peretz was Hetzron en Hamul. 13Die seuns van Yissakhar: Tola, Pu’ah, Yashuv en Shimron. 14Die seuns van Z’vulun: Sered, Elon en Yagle’el. 15Hierdie was die seuns van Le’ah waaraan sy geboorte gegee het vir Ya’akov in Paddan-Aram, saam met sy dogter Dinah; al die lewens van sy seuns en sy dogters was drie en dertig. 16Die seuns van Gad: Tzifyon, Haggi, Shuni, Etzbon, `Eri, Arodi en Ar’eli. 17Die seuns van Asher: Yimnah, Yishvah, Yishvi, B’ri’ah en hulle suster Serag. Die seuns van B’ri’ah: Hever en Malki’el. 18Hierdie was die seuns van Zilpah wat Lavan vir sy dogter Le’ah gegee het. Sy het geboorte gegee aan hierdie sestien lewens vir Ya’akov. 19Die seuns van Ragel, die vrou van Ya’akov: Yosef en Binyamin. 20Vir Yosef is M’nasheh en Efrayim in Mitzrayim gebore, wat gebore is uit Asnat, die dogter van Poti-Fera, die priester van On. 21Die seuns van Binyamin: Bela, Bekher, Ashbel, Gera, Na’aman, Egi, Rosh, Mupim, Hupim en Ard. 22Hierdie was die seuns van Ragel wat vir Ya’akov gebore is, almal saam veertien siele. 23Die seun van Dan: Hushim. 24Die seuns van Naftali: Yagtze’el, Guni, Yetzer en Shillem. 25Hierdie was die seuns van Bilhah wat Lavan aan sy dogter Ragel gegee het. Sy het geboorte gegee aan hulle vir Ya’akov, almal saam sewe lewens. 26Al die lewens wat saam met Ya’akov na Mitzrayim gegaan het en uit sy lendene voortgekom het, behalwe vir die vroue van die seuns van Ya’akov, was almal saam ses en sestig lewens. 27Die seuns van Yosef wat vir hom in Mitzrayim gebore is, was twee. Al die lewens van die huis van Ya’akov wat in Mitzrayim ingekom het, was sewentig.

28Hy het Y’hudah voor hom uitgestuur na Yosef sodat dié voor hom uit die pad moes wys na Goshen en hulle het in die land Goshen aangekom. 29Yosef het sy strydwa voorberei en opgegaan na Goshen om sy vader Yisra’el te ontmoet. Hy het homself voor hom gestel, hom om sy nek geval en lank op sy nek gehuil. 30Yisra’el sê vir Yosef: “Laat my nou sterf aangesien ek jou gesig gesien het en dat jy nog leef!” 31Yosef het vir sy broers en die huis van sy vader gesê: “Ek sal opgaan en aan Farao rapporteer en sê: ‘My broers en die wat in die huis van my vader in die land Kena’an was, het na my toe gekom. 32Die manne pas beeste op, want hulle was veeboere en hulle het hul kleinvee en hul beeste en alles wat hulle het, saamgebring.’ 33So sal dit wees, as Farao julle laat roep en sê: ‘Wat is julle beroep?’ 34dan moet julle antwoord: ‘U diensknegte is veeboere van ons jeug af tot nou toe, ons, sowel as ons vaders’ sodat julle in die land Goshen kan woon, want elke herder van kleinvee is ’n gruwel vir die Mitzrayiete.”

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Genesis 45
Top of Page
Top of Page