Genesis 4
Afrikaans PWL
1Adam het ’n verbondsverhouding met sy vrou Havah gehad en sy het swanger geword en geboorte gegee aan Kayin en gesê: “Ek het ’n man gekry vanaf יהוה.” 2Daarna het sy ook geboorte gegee aan sy broer Hevel. Hevel het ’n skaapwagter geword en Kayin ’n landbouer. 3Ná ’n sekere tyd het Kayin ’n offer van die vrugte van die land aan יהוה gebring 4en Hevel het ook van die eersgeborenes van sy kleinvee gebring en van hulle vet. יהוה het Hevel en sy offer aanvaar, 5maar Kayin en sy offer nie aanvaar nie en Kayin het baie kwaad geword en sy gesig laat val. 6יהוה sê vir Kayin: “Waarom is jy kwaad en waarom het jou gesig geval? 7Is daar nie aanvaarding as jy goed doen nie? As jy nie goed doen nie, sit die sonde en wag by die deur en sy begeerte is na jou, maar jy moet daaroor heers.”

8Kayin het vir sy broer Hevel gesê: “Laat ons na die veld toe gaan.” Dit het gebeur dat toe hulle in die veld was, Kayin teen sy broer Hevel opgestaan en hom doodgeslaan het.

9יהוה sê vir Kayin: “Waar is jou broer Hevel?” Hy antwoord: “Ek weet nie. Is ek my broer se oppasser?” 10יהוה sê: “Wat het jy gedoen? Die stem van die bloed van jou broer roep na My van die grond af. 11Nou is jy vervloek deur die grond wat sy mond oopgemaak het om die bloed van jou broer uit jou hand te ontvang. 12As jy die grond omspit, sal dit nie meer sy krag aan jou oorgee nie; jy sal ’n vlugteling wees en rondswerf op die aarde.” 13Kayin sê vir יהוה: “My sonde is te groot vir my om te dra. 14Let op, U verdryf my nou uit die land uit en ek moet my verberg vir U Teenwoordigheid: ek sal ’n vlugteling en swerwer op die aarde wees en elkeen wat my kry, sal my doodslaan.” 15יהוה sê vir hom: “Daarom, as enigeen Kayin doodslaan, sal dit sewevoudig gewreek word.” יהוה het ’n merk op Kayin gesit sodat enigeen wat hom kry, hom nie sou doodslaan nie.

16Kayin het weggegaan vanuit die Teenwoordigheid van יהוה en hy het gebly in die land Nod, aan die oostekant van `Eden.

17Kayin het ’n verbondsverhouding met sy vrou gehad en sy het swanger geword en geboorte gegee aan Hanokh. Hy het ook ’n stad gebou en die stad genoem na die naam van sy seun, Hanokh. 18Vir Hanokh is `Irad gebore en `Irad was die vader van Meguya’el en Meguya’el was die vader van Metusha’el en Metusha’el die vader van Lemekh. 19Lemekh het vir homself twee vroue gevat. Die naam van die eerste was `Adah en die naam van die tweede Tzilah. 20`Adah het geboorte gegee aan Yaval. Hy was die vader van die wat in tente gebly het en vee gehad het. 21Die naam van sy broer was Yuval. Hy was die vader van almal wat op snaarinstrumente en blaasinstrumente speel. 22Tzilah het ook geboorte gegee, naamlik aan Tuval-Kayin, wat allerhande koper- en ysterinstrumente gemaak het en die suster van Tuval-Kayin was Na’amah.

23Lemekh het aan sy vroue gesê: “`Adah en Tzilah, hoor my stem! Vroue van Lemekh, luister na my woord! Ek slaan ’n man dood wat my wond en ’n seun wat my beseer.

24As Kayin sewe maal gewreek word, dan Lemekh sewe en sewentig maal.”

25Adam het weer intiem met sy vrou verkeer en sy het geboorte gegee aan ’n seun en hom Shet genoem, want, het sy gesê: ‘God het vir my ’n ander saad benoem in die plek van Hevel omdat Kayin hom doodgeslaan het.’ 26Ook vir Shet is ’n seun gebore, wat hy Enosh genoem het. Van daardie tyd af het hulle die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה onterend aangeroep.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Genesis 3
Top of Page
Top of Page