Genesis 36
Afrikaans PWL
1Dit is die nageslag van `Esav, dit is Edom.

2`Esav het sy vroue gevat uit die dogters van Kena’an: `Adah, die dogter van Eilon, die Hittiet; Oholivamah, die dogter van `Anah; die dogter van Tziv’on, die Hiviet; 3en Basmat, die dogter van Yishma’el, die suster van N’vayot. 4`Adah het geboorte gegee aan Élifaz en Basmat het geboorte gegee aan Re’u’el vir `Esav. 5Oholivamah het geboorte gegee aan Ye’ush, Ya’lam en Korag. Hierdie is die seuns van `Esav wat vir hom gebore is in die land Kena’an.

6`Esav vat sy vroue, sy seuns, sy dogters, al die mense van sy huis, sy vee, al sy diere en al sy besittings wat hy in die land Kena’an verkry het en hy gaan na ’n land, wég van die teenwoordigheid van sy broer Ya’akov af, 7want hulle besittings was te veel om saam te bly en die land waar hulle besoekers was, kon hulle nie dra vanweë hulle vee nie. 8`Esav het gaan woon in die Se’ir gebergte. `Esav is Edom.

9Hierdie is die nageslag van `Esav, die vader van die Edomiete, in die Se’ir berge. 10Dit is die name van die seuns van `Esav: Elifaz, die seun van `Adah, die vrou van `Esav; Re’u’el, die seun van Basmat, die vrou van `Esav. 11Die seuns van Élifaz was: Teman, Omar, Tzefo, Ga’tam en K’naz. 12Timnah was ’n byvrou van Élifaz, die seun van `Esav en sy het vir Élifaz geboorte gegee aan `Amalek. Hierdie is die seuns van `Adah, die vrou van `Esav. 13Hierdie is die seuns van Re’u’el: Nagat, Zerag, Shammah en Mizah. Dit was die seuns van Basmat, die vrou van `Esav. 14Hierdie was die seuns van Oholivamah, die dogter van `Anah, die dogter van Tziv’on, die vrou van `Esav; sy het vir `Esav geboorte gegee aan Ye’ush, Ya’lam en Korag.

15Hierdie is die stamhoofde onder die seuns van `Esav. Die seuns van Elifaz, die eersgeborene van `Esav, was: die stamhoof Teman, die stamhoof Omar, die stamhoof Tzefo, die stamhoof K’naz, 16die stamhoof Korag, die stamhoof Ga’tam, die stamhoof `Amalek. Dit is die stamhoofde van Elifaz in die land Edom; dit is die seuns van `Adah. 17Hierdie is die seuns van Re’u’el, die seun van `Esav: die stamhoof Nagat, die stamhoof Zerag, die stamhoof Shammah, die stamhoof Mizah. Dit is die stamhoofde van Re’u’el in die land Edom. Hierdie was die seuns van Basmat, die vrou van `Esav. 18Hierdie is die seuns van Oholivamah, die vrou van `Esav: die stamhoof Ye’ush, die stamhoof Ya’lam, die stamhoof Korag. Dit is die stamhoofde van Oholivamah, die dogter van `Anah, die vrou van `Esav. 19Hierdie is die seuns van `Esav en dit is hulle stamhoofde. Dit is Edom.

20Hierdie is die seuns van Se’ir, die Horiet, wat gebly het in die land: Lotan, Shoval, Tziv’on, `Anah, 21Dishon, Etzer en Dishan. Hierdie is die stamhoofde van die Horiete, die seuns van Se’ir in die land Edom. 22Die seuns van Lotan was Hori en Hemam en die suster van Lotan was Timnah. 23Hierdie is die seuns van Shoval: `Alvan, Managat, `Eival, Sh’fo en Onam. 24Hierdie is die seuns van Tziv’on: Ayah en `Anah. Dit is dié `Anah wat die warm fonteine in die wildernis gekry het toe hy sy vader Tziv’on se donkies opgepas het. 25Hierdie is `Anah se seun: Dishon en Oholivamah was `Anah se dogter. 26Hierdie is die seuns van Dishon: Hemdan, Eshban, Yitran en K’ran. 27Hierdie is die seuns van Etzer: Bilhan, Za’avan en `Akan. 28Hierdie is die seuns van Dishan: `Utz en Aran. 29Hierdie is die stamhoofde van die Horiete: die stamhoof Lotan, die stamhoof Shoval, die stamhoof Tziv’on, die stamhoof `Anah, 30die stamhoof Dishon, die stamhoof Etzer, die stamhoof Dishan. Dit is die stamhoofde van die Horiete volgens hulle stamme in die land Se’ir.

31Hierdie is die konings wat regeer het in die land Edom voordat enige koning regeer het oor die seuns van Yisra’el: 32Bela, die seun van B’or, het regeer in Edom en die naam van sy stad was Dinhavah. 33Ná die dood van Bela het Yovav, die seun van Zerag, van Botzrah, in sy plek regeer. 34Ná die dood van Yovav het Husham, uit die land van die Temani, in sy plek regeer. 35Ná die dood van Husham het Hadad, die seun van B’dad, wat Midyan doodgeslaan het in die velde van Mo’av, in sy plek regeer en die naam van sy stad was `Avit. 36Ná die dood van Hadad het Samlah van Masrekah in sy plek regeer. 37Ná die dood van Samlah het Sha’ul van Regovot, langs die rivier, in sy plek regeer. 38Ná die dood van Sha’ul het Ba’al-Ganan, die seun van `Akhbor, in sy plek regeer. 39Ná die dood van Ba’al-Ganan, die seun van `Akhbor, het Hadar in sy plek regeer en die naam van sy stad was Pa’u en die naam van sy vrou was M’heitav’el, die dogter van Matred, die dogter van Mei-Zahav.

40Hierdie is die name van die stamhoofde van `Esav, volgens hulle families, volgens hulle blyplekke, met hulle name: die stamhoof Timna, die stamhoof `Alvah, stamhoof Y’tet, 41die stamhoof Oholivamah, die stamhoof Elah, die stamhoof Pinon, 42die stamhoof K’naz, die stamhoof Teman, die stamhoof Mivtzar, 43die stamhoof Magdi’el, die stamhoof `Iram. Hierdie was die stamhoofde van Edom, volgens hulle blyplekke in die land wat hulle besit het. Dit is `Esav, die vader van die Edomiete.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Genesis 35
Top of Page
Top of Page