Genesis 10
Afrikaans PWL
1Hierdie is die nageslag van die seuns van Noag: Shem, Gam en Yefet; daar is vir hulle seuns gebore ná die vloed.

2Die seuns van Yefet was: Gomer, Magog, Madai, Yavan, Tuval, Meshekh en Tiras. 3Die seuns van Gomer was: Ashkenaz, Rifat en Togarmah. 4Die seuns van Yavan was: Elíshah, Tarshish, die Kittiërs en Dodaniete. 5Vanuit hierdie is die streke van die nasies verdeel in hulle lande, elkeen volgens sy taal, volgens hulle families, volgens hulle nasies.

6Die seuns van Gam was: Kush, Mitzrayim, Put en Kena’an. 7Die seuns van Kush was: S’va, Havilah, Savta, Ra’mah en Savt’kha. Die seuns van Ra’mah was: Sh’va en D’dan. 8Kush was ook die vader van Nimrod. Hy het al verwoestende ’n kragtige vegter op aarde geword. 9Hy was ’n kragtige jagter voor יהוה; daarom sê hulle: “Net soos Nimrod, ’n kragtige jagter voor יהוה.” 10Die begin van sy ryk was Bavel, Erekh, Akkad en Kalneh in die land Shin’ar. 11Vanuit Shin’ar het hy uitgetrek na Ashur en Ninveh gebou, asook die stede Regovot, Kelag 12en Resen, tussen Ninveh en Kelag, wat ’n groot stad was. 13Mitzrayim was die vader van die Ludiete, `Anamiete, L’haviete, Naftugiete, 14die Patrusiete, Kaftoriete en Kaslugiete; waaruit die F’lishtyne voortgekom het.

15Kena’an was die vader van Tzidon, sy eersgeborene, Het, 16die Y’vusiete, Emoriete, Girgashiete, 17die Hiviete, `Arkiete, Siniete, 18die Arvadiete, Tz’mariete en Hamatiete. Daarna is die families van die Kena’aniete versprei. 19Die gebied van die Kena’aniete was van Tzidon af in die rigting van G’rar tot by Gazah, in die rigting van S’dom, `Amorra, Admah en Tzvoyim tot by Lesha. 20Dit was die seuns van Gam volgens hulle families, volgens hulle tale, in hulle lande en volgens hulle nasies.

21Ook vir Shem, die ouer broer van Yefet, die stamvader van al die seuns van `Ever, is seuns gebore. 22Die seuns van Shem was: `Eilam, Ashur, Arpakhshad, Lud en Aram. 23Die seuns van Aram was: Utz, Hul, Geter en Mash. 24Arpakhshad was die vader van Shelag en Shelag van `Ever. 25Vir `Ever is twee seuns gebore; die naam van die een was Peleg, want in sy dae het die aardbewoners verdeeld geraak en die naam van sy broer was Yoktan. 26Yoktan was die vader van Almódad, Shelef, Hatzar-Mavet, Yerag, 27Hadoram, Uzal, Diklah, 28`Oval, Avima’el, Sh’va, 29Ofir, Havilah en Yovav. Hulle almal was seuns van Yoktan. 30Hulle blyplek was van Mesha af in die rigting van S’far, die berg van die ooste. 31Dit is die seuns van Shem volgens hulle geslagte, volgens hulle tale, in hulle lande en volgens hulle nasies.

32Dit is die families van die seuns van Noag volgens hulle geslagte, volgens hulle nasies en vanuit hulle het die nasies ná die vloed op die aarde versprei.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Genesis 9
Top of Page
Top of Page