Esra 1
Afrikaans PWL
1In die eerste jaar van Koresh, koning van die Perse, het יהוה die gees van Koresh, koning van die Perse, opgewek sodat die woord van יהוה uit die mond van Yirmeyahu vervul sou word dat hy ’n oproep deur sy hele koninkryk gemaak en dit ook op skrif gestel het, deur te sê:

2“So sê Koresh, koning van die Perse: יהוה, die God van die hemel, het al die koninkryke van die aarde aan my gegee en Hy het my beveel om vir Hom ’n huis te bou in Yerushalayim, wat in Y’hudah is. 3Wie is daar tussen julle wat aan Sy hele volk behoort? Sy God sal by hom wees, laat hom opgaan na Yerushalayim wat in Y’hudah is en die huis vir יהוה, die God van Yisra’el, bou! Hy is die God wat in Yerushalayim is. 4Wie ook al oorgebly het, in enige plek waar hy as vreemdeling gebly het, laat die manne van sy plek hom help met silwer, goud, met goedere en vee, saam met die vrywillige geskenke vir die huis van die God wat in Yerushalayim is.”

5Toe het die familiehoofde van Y’hudah en Binyamin opgestaan, met die priesters en die Leviete, saam met elkeen wie se gees God opgewek het om op te gaan om die huis van יהוה wat in Yerushalayim is, te bou. 6Almal wat rondom hulle was, het hul gehelp met silwer voorwerpe, met goud, met goedere, vee en kosbare geskenke, wat hulle vrywilliglik geskenk het.

7Koning Koresh het ook die voorwerpe van die Huis van יהוה uitgebring wat N’vukadnetzar uit Yerushalayim weggevoer en in die huis van sy god gesit het. 8Toe het Koresh, koning van Perse, dit uitgebring onder toesig van Mitr’dat, die skatmeester en hy het dit aan Sheshbatzar, die prins van Y’hudah, oorgegee. 9Dit was die hoeveelheid daarvan: dertig goue komme, ’n duisend silwer komme, nege en twintig offermesse, 10vier honderd en tien dun silwer bekers, nog dertig goue bekers en ’n duisend ander voorwerpe. 11Al die voorwerpe van goud en silwer was vyf duisend vier honderd; dit alles het Sheshbatzar saam met die manne gebring toe die ballinge uit Bavel na Yerushalayim teruggegaan het.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
2 Chronicles 36
Top of Page
Top of Page