Esegiël 35
Afrikaans PWL
1Die woord van יהוה het verder tot my gekom en gesê: 2“Seun van ’n mens, draai jou gesig teen die berg Se’ir en profeteer teen hom

3en sê vir hom: ‘So sê יהוה-God: “Let op, Ek is teen jou, berg Se’ir en Ek sal My hand teen jou uitstrek en jou ’n verlatenheid en ’n puinhoop maak.

4Ek sal jou stede ’n puinhoop maak en jy sal ’n verlatenheid word, dan sal jy weet dat Ek יהוה is.

5Omdat jy ewige vyandskap koester en die seuns van Yisra’el aan die mag van die swaard oorgelewer het in die tyd van hulle katastrofe, in die tyd van die straf van die einde, 6so waar as Ek leef,” verklaar יהוה-God, “sal Ek jou daarom oorgee aan bloedvergieting en bloedvergieting sal jou agtervolg; omdat jy bloedvergieting nie gehaat het nie, sal bloedvergieting jou volg. 7Ek sal die berg Se’ir ’n puinhoop en ’n verlatenheid maak en Ek sal van hom afsny die een wat deurtrek en wat terugkom. 8Ek sal sy berge vol maak met die wat neergeslaan is; in jou heuwels, jou valleie en in al jou klowe sal die wat neergeslaan is deur die swaard val. 9Ek sal van jou ’n ewige verlatenheid maak en jou stede sal nie bewoon word nie, dan sal julle weet dat Ek יהוה is.

10Omdat jy gesê het: ‘Hierdie twee nasies en hierdie twee lande sal myne wees en ons sal hulle besit,’ alhoewel יהוה daar was, 11so waar as Ek leef,” verklaar יהוה-God, “Ek sal daarom met jou handel volgens jou woede en volgens jou afguns wat jy gewys het as gevolg van jou haat teen hulle; Ek sal Myself bekendmaak onder hulle wanneer Ek jou oordeel, 12dan sal jy weet dat Ek, יהוה, al jou gesmaal gehoor het wat jy teen die berge van Yisra’el gepraat het deur te sê: ‘Hulle word woes gelê; hulle word vir ons gegee om te verteer.’ 13Julle het arrogant teen My gepraat en julle woorde teen My vermenigvuldig; Ek het dit gehoor.” 14So sê יהוה-God: “Soos wat die hele aarde hom verbly, sal Ek jou ’n verlatenheid maak. 15Soos jy vrolik was oor die erfenis van die huis van Yisra’el omdat dit verlate was, so sal Ek aan jou doen. Jy sal ’n verlatenheid wees, o berg Se’ir en die hele Edom, alles daarvan, dan sal hulle weet dat Ek יהוה is.’”

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Ezekiel 34
Top of Page
Top of Page