Deuteronomium 8
Afrikaans PWL
1Al die opdragte, wat ek jou vandag beveel, moet julle versigtig wees om te doen sodat julle mag lewe, vermenigvuldig en dat julle mag ingaan en die land in besit neem, wat יהוה aan julle vaders met ’n eed beloof het. 2Jy moet die hele pad onthou waarop יהוה, jou God, jou, vir hierdie veertig jaar in die wildernis gelei het, om jou nederig te maak en jou te toets, om te weet wat in jou wil, emosie en verstand is, of jy Sy opdragte sal hou of nie. 3Hy het jou nederig gemaak, toegelaat dat jy honger ly en jou ‘man hu’ gegee om te eet wat jy en jou vaders nie geken het nie, om julle te laat verstaan dat die mens nie van brood alleen leef nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van יהוה af uitgaan. 4Vir veertig jaar lank het jou klere nie aan jou verslyt en jou voet nie geswel nie. 5Dus moes jy in jou verstand, wil en emosie geweet het dat יהוה, jou God, jou gedissiplineer het net soos ’n man sy seun dissiplineer; 6daarom moet jy die opdragte van יהוה, jou God, hou om op Sy paaie te loop en Hom met respek te vrees, 7want יהוה, jou God, bring jou in ’n goeie land, ’n land van waterstrome, fonteine en diep water, wat uitvloei in valleie en heuwels; 8’n land van koring, gars, wingerdstokke, vyebome en granate; ’n land van olyfolie en heuning; 9’n land waarin jy brood sonder skaarste sal eet, waarin jy niks sal kortkom nie; ’n land waarvan die klippe yster is en uit wie se berge jy koper kan grawe. 10Wanneer jy geëet het en versadig is, dan sal jy יהוה, jou God, loof vir die goeie land wat Hy vir jou gegee het.

11Wees versigtig dat jy יהוה, jou God, nie vergeet deur Sy opdragte, Sy wette en Sy reëls wat ek jou vandag beveel, nie te hou nie 12sodat jy nie miskien, wanneer jy geëet het en versadig is en mooi huise gebou het en daarin bly, 13wanneer jou beeste, jou kleinvee, jou silwer, jou goud en alles wat jy het, vermeerder het 14dat jou denke, wil en emosie trots word en dat jy יהוה, jou God, vergeet wat jou uit die land van Mitzrayim, uit die huis van slawerny, uitgelei het, 15wat jou deur die groot en verskriklike wildernis gelei het, deur giftige slange en skerpioene en ’n dorsland sonder water; wat vir jou water uit die harde rots laat kom het; 16wat jou in die wildernis met ‘man hu’, wat jou vaders nie geken het nie, gevoed het, om jou nederig te maak en jou te toets, om jou ten einde goed te doen 17en jy in jou verstand, wil en emosie dink: ‘My krag en die sterkte van my hand het vir my hierdie rykdom verkry,’ nie, maar 18onthou יהוה, jou God, want dit is Hy wat jou krag gee om rykdom te verkry sodat Hy Sy verbond kan bevestig, wat Hy aan jou vaders met ’n eed beloof het, soos dit vandag is. 19Dit sal wees dat as jy ooit יהוה, jou God, sal vergeet en agter ander gode aanloop, hulle dien en voor hulle neerbuig, dan getuig ek teen julle op hierdie dag dat julle vernietig sal word tot uitwissing, 20soos die nasies wat יהוה voor julle uit vernietig, so sal julle omkom omdat julle nie na die stem van יהוה, julle God, geluister en dit gedoen het nie.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Deuteronomy 7
Top of Page
Top of Page