Deuteronomium 34
Afrikaans PWL
1Moshe het opgegaan uit die vlaktes van Mo’av na die berg N’vo, na die top van Pisgah, wat oorkant Yerigo lê en יהוה het hom die hele land, van Gil’ad tot so ver as Dan laat sien, 2die hele Naftali, die land van Efrayim en M’nasheh en die hele land van Y’hudah tot by die Westelike See, 3die Negev (Suidland) en die vlakte in die vallei van Yerigo, die Palmstad, tot by Zoar. 4Toe sê יהוה vir hom: “Hierdie is die land wat Ek aan Avraham, Yitz’gak en Ya’akov met ’n eed beloof het met die woorde: ‘Ek sal dit aan jou nageslag gee;’ Ek het jou dit met jou oë laat sien, maar jy sal nie daarheen gaan nie.” 5Moshe, die dienskneg van יהוה, het daar gesterf, in die land van Mo’av, volgens die woord van יהוה. 6Hy het hom in die vallei, in die land van Mo’av, oorkant Beit-P’or, begrawe, maar niemand ken die plek waar hy begrawe is, tot vandag toe nie. 7Alhoewel Moshe een honderd en twintig jaar oud was toe hy dood is, was sy oog nie dof nie en sy fisiese krag en gesondheid het nie afgeneem nie. 8Die seuns van Yisra’el het oor Moshe gehuil in die vlaktes van Mo’av vir dertig dae lank en toe het die dae van die gehuil en van rou oor Moshe ten einde gekom.

9Y’hoshua, die seun van Nun, was vol van die Gees van wysheid, want Moshe het hom die hande opgelê en die seuns van Yisra’el het na hom geluister en gedoen soos יהוה Moshe beveel het. 10Sedert daardie tyd, het daar geen profeet soos Moshe, in Yisra’el opgestaan, vir wie יהוה van gesig tot gesig geken het nie, 11vir al die tekens en wonders wat יהוה hom gestuur het om in die land van Mitzrayim aan Farao en aan al sy dienaars en sy hele land te doen 12en vir al die magtige krag en al die groot, verskriklike dade wat Moshe voor die oë van die hele Yisra’el gedoen het.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Deuteronomy 33
Top of Page
Top of Page