2 Kefa 3
Afrikaans PWL
1Hierdie is nou die tweede brief wat ek vir júlle, wat ek liefhet, skryf, waarin ek suiwer gedagtes wil opwek deur julle te herinner 2om die profetiese woorde te onthou, wat deur die afgesonderde profete oorgedra is en ons Meester en Verlosser se opdragte wat deur die afgevaardigdes gegee is.

3Soos julle reeds weet, sal daar in die laaste dae spotters kom wat spot terwyl hulle volgens hulle eie begeertes leef 4en sê: “Waar is die belofte van Sy koms, want vandat die vaders dood is, bly alles net soos dit was van die begin van die skepping af.”Gen 1; Yog 1:1 5Hulle is opsetlik onkundig dat daar lank terug al hemele was en land wat vanuit water en tussen water ontstaan het deur die Boodskap van God, 6waardeur die wêreld van daardie tyd met water oorstroom en vernietig is,Yes 66:15 en opsy gesit vir die vuur op die dag van oordeel en die vernietiging van bose mense. 7maar die huidige hemele en die aarde is deur dieselfde boodskap bewaarPs 90:4

8Oor hierdie een ding moet julle vir wie ek lief is, nie onkundig wees nie: dat een dag by יהוה soos ’n duisend jaar is en ’n duisend jaar soos een dag. 9יהוה vertraag nie die belofte soos sommige dit beskou as vertraging nie, maar Hy is ter wille van julle, daarin geduldig, want Hy wil nie hê dat enige een vernietig moet word nie, maar dat almal hulle sal omdraai na Hom toe.Yes 13:9,10; Yir 46:10 sal egter kom soos ’n dief in die nag,1 Thes 5:2; Open 3:3 waarin die hemele in stilte sal verbygaan,Yeg 32:7-8 maar die elemente vernietig word wanneer dit aan die brand gesteek word en die aarde en die dade wat daarop is, openbaar sal word.Yes 30:30; Ps 97:3,5

10Die dag van יהוה

11Wanneer al hierdie dinge dan vernietig word, is dit nie reg vir julle om in julle lewenswyse afgesonderd en in aanbidding tot God te wees nie? 12Terwyl julle die koms van die dag van God verwag en ywerig begeer, wanneer die hemele, wanneer deur vuur getoets, sal vergaan en die elemente, wanneer aan die brand gesteek, sal smelt,Yes 65:17-19; Yes 66:22 13maar ons verwag volgens Sy belofte, nuwe hemele en ’n nuwe aarde waarin onpartydige opregtheid sal bly;

14daarom moet julle vir wie ek lief is terwyl julle hierdie dinge verwag, moeite doen dat julle vlekkeloos en skuldloos voor Hom gevind mag word in vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid 15en beskou die geduld van יהוה as redding, net soos die broer vir wie ons lief is, Sha’ul, ook met die wysheid wat vir hom gegee is, aan julle geskryf het. 16Soos in al sy briewe, praat hy oor hierdie dinge, waarvan sommige moeilik is om te verstaan, wat die onkundiges en onstabiele mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hul eie vernietiging; 17daarom moet julle, vir wie ons lief is en dit vooraf weet, versigtig wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die misleiding van wettelose mense en wegval uit jul eie standvastigheid nie, 18maar julle moet groei in die onverdiende guns en kennis van ons Meester en Verlosser, Yeshua, Die Gesalfde Een en van God-die-Vader, aan Wie die eer, lof en aanbidding nou en altyd toekom tot in ewigheid. Dit is waar!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse Vertaling (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
2 Peter 2
Top of Page
Top of Page