2 Johannes 1
Afrikaans PWL
1Die oudste: aan die gekose vrou en haar kinders, wat ek in waarheid liefhet en nie ek alleen nie, maar ook almal wat die Waarheid ken, 2as gevolg van die Waarheid wat in ons bly en tot in ewigheid by ons is. 3Laat daar by ons in waarheid en in liefde wees: onverdiende guns, liefdevolle omgee, vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid vanaf God-die-Vader en vanaf ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, die Seun van die Vader.

4Ek was baie bly toe ek van jou kinders gekry het wat in waarheid leef, volgens die opdrag wat ons van die Vader gekry het 5en nou vra ek van jou, vrou, nie asof ek ’n nuwe opdrag aan jou skryf nie, maar een wat ons van die begin af gehad het: dat ons mekaar moet liefhê. 6Dit is liefde: dat ons leef volgens Sy opdragte. Dit is die opdrag, wat julle van die begin af gehoor het, waarin julle leef,

7want baie misleiers het uitgegaan in die wêreld in: die een wat nie bely dat Yeshua, Die Gesalfde Een, in die vlees gekom het nie; hy is ’n misleier en teëstander teen Die Gesalfde Een. 8Gee aandag aan julle lewe dat julle nie enige iets verloor waarvoor julle gewerk het nie, maar dat julle ’n volle loon kan ontvang. 9Elkeen wat ’n oortreder is en nie aanhou in die leer van Die Gesalfde Een nie; God is nie in hom nie. Hy wat aanhou in Sy leer, hy het die Vader sowel as die Seun. 10As iemand na julle toe kom en nie hierdie leer bring nie, moet hom nie in die huis ontvang nie en nie vir hom sê, “welkom aan jou,” nie, 11want hy wat vir hom sê “welkom aan jou,” het deel aan sy bose dade.

12Alhoewel ek baie het om aan julle te skryf, wou ek dit nie met perkament en ink doen nie, maar ek hoop om na julle toe te kom en persoonlik te praat sodat ons blydskap volkome kan wees.

13Die kinders van jou gekose suster groet jou. Dit is waar.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
1 John 5
Top of Page
Top of Page