2 Korinthiërs 7
Afrikaans PWL
1Julle vir wie ons lief is omdat daar vir ons hierdie beloftes is, laat ons onsself daarom reinig van alle vuilheid van die vlees en die gees en laat ons groei in afgesonderdheid uit respekvolle vrees vir God.

2Wees geduldig met ons, broers. Ons het aan niemand boos gedoen nie; ons het niemand korrup gemaak nie; ons het niemand ingedoen nie. 3Ek sê dit nie om te veroordeel nie, want ek het vroeër gesê dat julle in ons gedagtes, wil en emosie is om as een te sterf en te leef. 4Ek het groot vrymoedigheid teenoor julle. My roem oor julle is groot. Ek is ten volle vertroos en versterk en ek loop oor van blydskap te midde van al my lyding.

5Vandat ons ook na Makedonia gekom het, was daar geen rus vir ons vlees nie, maar is ons in alles gemartel; van buite ’n stryd, van binne vrees, 6maar God wat die vernederde versterk en vertroos, het ons versterk en vertroos deur die koms van Titos 7en nie alleen deur sy koms nie, maar ook deur die lafenis waarmee hy deur julle ondersteun is, want hy het aan ons vertel van julle liefde vir ons, julle treur oor en julle ywer namens ons. Toe ek dit hoor was my blydskap groot. 8Alhoewel ek julle deur ’n brief treurig gemaak het, is ek nie jammer nie, al was ek ook vroeër jammer, want ek het gesien dat daardie brief, al was dit vir ’n kort tydjie, julle treurig gemaak het. 9Nou is ek bly, nie omdat julle treurig gemaak is nie, maar omdat julle treurig gemaak is tot die punt van terugdraai na God toe, want julle was treurig soos God dit wou sodat julle deur ons geen skade gely het nie, 10want treurigheid wat van God is, bring jammerwees van die gees en werk ’n onberoubare terugdraai na lewe, maar die jammer van die wêreld, werk die dood, 11want let op, hierdie ding het gebeur dat julle treurig gemaak is deur God, hoeveel te meer het ek gretigheid, verskoning, woede, vrees, liefde, ywer en vergelding in julle veroorsaak. In alles het julle bewys dat julle in die saak rein is; 12daarom het ek ook hierdie aan julle geskryf, nie ter wille van wat verkeerd is, of ter wille van hom wat verkeerd gedoen het nie, maar dat julle toewyding aan ons geken kan word in die Teenwoordigheid van God. 13As gevolg hiervan is ons versterk en vertroos en vanuit ons vertroosting verbly ons ons al hoe meer in die vreugde van Titos, wie se gees deur julle almal verkwik is, 14want as ek oor julle by hom oor iets geroem het, is ek nie skaam gemaak nie, maar soos ons alles in waarheid vir julle gesê het, so is ook ons roem by Titos in waarheid gevind 15en sy innerlike omgee vermeerder as hy julle almal se gehoorsaamheid onthou, hoe julle hom met respekvolle vrees ontvang het. 16Ek verbly my dat ek in alles in julle kan vertrou.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
2 Corinthians 6
Top of Page
Top of Page