2 Korinthiërs 2
Afrikaans PWL
1Dit het ek by myself besluit, om nie weer in droefheid na julle toe te kom nie, 2want as ek julle bedroef maak, wie is daar om my bly te maak, anders as hy wat deur my bedroef gemaak is? 3Ek het dit so aan julle geskrywe sodat ek nie by my koms droefheid mag ondervind deur hulle oor wie ek my moes verbly nie omdat ek julle almal vertrou en dat my blydskap van julle almal af is. 4Vanuit groot lyding en ’n verstand, wil en emosie vol droefheid skryf ek hierdie dinge aan julle deur baie trane, nie dat julle bedroef moet word nie, maar dat julle mag weet van die oorvloedige liefde wat ek vir julle het,

5maar as iemand droefheid veroorsaak het, dan is dit nie vir my wat hy bedroef het nie, maar, sonder om te vergroot, vir julle almal. 6Vir so iemand is dit genoeg om deur baie aangespreek te word 7en nou, in teenstelling, is dit nodig om hom te vergewe en op te hef sodat so iemand nie miskien deur ’n oormaat droefheid verslind word nie. 8As gevolg hiervan versoek ek julle om julle liefde aan hom te bevestig, 9want daarom het ek ook geskryf om julle te toets, of julle in alles gehoorsaam is. 10Die een wat julle iets vergewe, vergeef ek ook, want enige iets waarvoor ek hom vergewe het, het ek vergewe om julle ontwil in die Teenwoordigheid van Die Gesalfde Een 11sodat ons nie deur die teëstander oorval sou word nie, want ons ken sy metodes.

12Toe ek in Troas gekom het met die goeie boodskap van Die Gesalfde Een en ’n deur vir my, deur יהוה, oopgemaak is, 13het ek geen rus vir my gees gehad nie omdat ek my broer Titos nie daar gekry het nie, maar ek het van hulle afskeid geneem en na Makedonia vertrek.

14Dank aan God wat ons, altyd in eenheid met Die Gesalfde Een, ’n skouspel maak en deur ons, die aangename reuk van Sy kennis op elke plek bekend maak, 15want ons is die aangename soet geur in Die Gesalfde Een tot God onder die wat lewe het en onder die wat besig is om verlore te gaan; 16vir die laaste die stank van dood tot die dood en vir die eerste ’n aangename reuk van die lewe tot die lewe en wie sal hierdie dinge waardig wees? 17Ons het nie soos ander die boodskap van God verdraai nie, maar dit in waarheid volgens dit wat vanaf God is, in die Teenwoordigheid van God, in eenheid met Die Gesalfde Een, verkondig.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
2 Corinthians 1
Top of Page
Top of Page