2 Kronieke 12
Afrikaans PWL
1Dit het gebeur toe Regav’am die koningskap gevestig en homself versterk het dat hy die wet van יהוה verlaat het en die hele Yisra’el saam met hom. 2Dit het gebeur in die vyfde jaar van koning Regav’am dat Shishak, koning van Mitzrayim, teen Yerushalayim opgetrek het omdat hulle oortree het teen יהוה, 3met een duisend tweehonderd strydwaens en sestig duisend perderuiters en die manskappe wat saam met hom uit Mitzrayim gekom het, was ontelbaar: Luvimiete, Sukki’iete en Kushiete. 4Hy het die versterkte stede van Y’hudah ingeneem en tot by Yerushalayim gekom. 5Toe kom Sh’ma’yah, die profeet, na Regav’am en die prinse van Y’hudah wat as gevolg van Shishak in Yerushalayim bymekaargekom het en sê vir hulle: “So sê יהוה: ‘Julle het My verlaat, Ek het julle daarom oorgegee in die hand van Shishak.’” 6Hierop het die prinse van Yisra’el en die koning hulleself verneder en gesê: “יהוה is regverdig.”

7Toe יהוה sien dat hulle hul verneder, kom die woord van יהוה tot Sh’ma’yah en sê: “Hulle het hulself verneder, Ek sal hulle daarom nie vernietig nie, maar vir hulle ’n bevryding voorsien en My woede sal nie deur middel van Shishak oor Yerushalayim uitgestort word nie. 8Nogtans sal hulle sy diensknegte word sodat hulle My diens en die diens van die koninkryke van die lande kan leer ken!”

9Shishak, koning van Mitzrayim, het teen Yerushalayim opgetrek en die skatte van die huis van יהוה en die skatte van die huis van die koning weggevat; hy het alles weggevat; hy het ook die skilde van goud, wat Shlomo gemaak het, weggevat. 10In die plek hiervan het koning Regav’am koper skilde gemaak en dit aan die bevelvoerder van die wag toevertrou wat die ingang van die koning se huis bewaak. 11Wanneer die koning in die huis van יהוה ingaan, het die wag gekom en dit kom haal en dan weer teruggevat na die wagkamer. 12Toe hy homself verneder het, het יהוה se woede van hom af weggedraai sodat Hy hom nie geheel en al vernietig het nie en ook in Y’hudah het dit goed gegaan.

13Koning Regav’am het homself in Yerushalayim versterk en regeer, want Regav’am was een en veertig jaar oud toe hy begin heers het en hy het sewentien jaar lank regeer in Yerushalayim, die stad wat יהוה uit al die stamme van Yisra’el verkies het om Sy Naam (Karakter en Outoriteit) daar te vestig en die naam van sy moeder was Na’amah, die `Ammoniet. 14Hy was boos voor יהוה, want hy het nie sy verstand, wil en emosie voorberei om יהוה te dien en met sy hele wese te soek nie.

15Hierdie is die die vroeëre en die latere geskiedenis van Regav’am, wat boos gedoen het voor יהוה, God van Yisra’el en daar was gedurigdeur oorloë tussen Regav’am, die seun van Shlomo en Yarov’am, seun van N’vat. 16Regav’am is neergelê by sy vaders en is begrawe in die stad van Dawid en sy seun Aviyah het in sy plek geheers.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
2 Chronicles 11
Top of Page
Top of Page