1 Timotheos 2
Afrikaans PWL
1Ek vra daarom eerste van alles dat versoeke, gebede, intredes en dankgebede gedoen moet word vir alle mense;Yir 29:7; Mat 22:19-21; Rom 13:1-6; 1 Tim 2:2; 1 Kef 2:13 2vir konings en heersers sodat ons ’n stil en rustige lewe kan leef, in alle eerbied en respek tot God, in reinheid, 3want dit is goed en aanvaarbaar voor God, ons Lewegewer,Yeg 18:23 en sal terugkeer na die kennis van die waarheid, 4wat wil hê dat alle mense lewe sal hêDeut 6:4 en die Middelaar tussen God en die mense, die Mens, Yeshua, Die Gesalfde Een, is Een. 5want God is Een 6Hy wat Homself gegee het as ’n Losprys vir elke persoon; ’n Getuienis wat op die bepaalde tyd gekom het, 7waarvan ek aangestel is as verkondiger en afgevaardigde; ek praat die waarheid, ek lieg nie, dat ek die leermeester van die ander nasies is in vertroue van die waarheid.Yes 1:15

8Ek wil daarom hê dat die mans op elke plek moet bid en afgesonderde, rein hande oplig sonder woede en komplotte.

9So ook moet die vroue hulleself versier met fatsoenlike, kuis klere. In skugterheid en fatsoenlikheid sal hulle versiering wees, nie in vlegsels of goud of pêrels of in mooi klere nie, 10maar in goeie dade, soos dit by vroue pas wat bely om God te aanbid. 11Laat ’n vrou in stilte leer in alle gehoorsaamheid,Open 2:20 óf oor die man outoriteit te neem nie, maar sy moet stil wees, 12want ek laat die vrou nie toe om lering te gee 13want Adam is eerste gevorm, daarna Havah 14en Adam is nie mislei nie, maar die vrou is mislei en het die opdrag oortree, 15maar sy lewe deur haar kinders, as hulle voortgaan in vertroue, liefde, afsondering en fatsoenlikheid.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse Vertaling (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
1 Timothy 1
Top of Page
Top of Page