1 Thessalonisense 3
Afrikaans PWL
1Omdat ons dit nie weerstaan het nie, het ons gekies om alleen in Athenai agter te bly 2en ons het Timotheos, ons broer en bedienaar van God en ons medewerker in die goeie boodskap van Die Gesalfde Een, gestuur om julle te versterk en navraag te doen by julle aangaande julle vertroue 3sodat niemand van julle versekerde verwagting mag verloor deur sulke lyding nie, want julle is bewus daarvan dat dit hiervoor is dat ons aangestel is, 4want ook toe ons by julle was, het ons julle vooruit gesê dat ons vervolg sal word, soos julle weet dit ook gebeur het. 5As gevolg hiervan het ek nie teruggehou om na julle te stuur en te hoor van julle vertroue nie sodat die Versoeker julle nie toets en ons harde werk waardeloos sou wees nie,

6maar nou, sedert Timotheos van julle af by ons aangekom het en ons goeie nuus aangaande julle vertroue en liefde gegee het en dat julle altyd ’n goeie herinnering aan ons het en begeer om ons te sien, net soos ons ook vir julle, 7is ons deur julle, broers, versterk en vertroos oor al ons teëspoed en smart as gevolg van julle vertroue, 8want nou leef ons, as julle sal vasstaan in ons Meester, 9want watter dank kan ons namens julle aan God betaal, vir al die blydskap waarmee ons ons verbly om julle ontwil, 10behalwe dat ons nag en dag al hoe ernstiger voor God bid om julle gesigte te sien en te voltooi wat aan julle vertroue kortkom,

11maar God-ons-Vader en ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een sal ons pad na julle toe rig. 12Mag Hy julle liefde vir mekaar en vir almal vermeerder en vergroot, soos ons julle lief het 13en mag Hy julle verstand, wil en emosie versterk om onberispelik te wees in afgesonderdheid in die Teenwoordigheid van God-ons-Vader by die koms van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, wat saam met al Sy afgesonderdes is.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
1 Thessalonians 2
Top of Page
Top of Page