1 Samuel 21
Afrikaans PWL
1Toe het Dawid by Nov gekom, by die priester Agimelekh. Agimelekh het Dawid bewend tegemoetgegaan en vir hom gevra: “Waarom is u alleen en is daar niemand by u nie?” 2Dawid sê vir Agimelekh, die priester: “Die koning het vir my ’n opdrag gegee en vir my gesê: ‘Laat niemand iets van die saak weet waarvoor ek jou stuur en wat ek aan jou opdra nie’ en ek het die jongmanne na ’n sekere plek gestuur; 3daarom nou, wat is hier by u? Gee vir my vyf brode, of wat ook al gevind kan word.” 4Die priester het Dawid geantwoord en gesê: “Daar is geen gewone brood ter hande nie, maar daar is afgesonderde brood; as die jongmanne hulle maar net van vroue af weggehou het.” 5Dawid het die priester geantwoord en vir hom gesê: “Sekerlik is die manne van gister en eergister af afgesonder toe ons vertrek het en let op, die uitrusting van die jongmanne is afgesonder, soos in die gewone manier; hoeveel te meer sal hulle uitrusting vandag afgesonderd wees!” 6Toe gee die priester vir hom afgesonderde brood, want daar was geen ander brood nie, behalwe die Brode van die Teenwoordigheid wat voor יהוה weggevat is, om vars brood neer te sit as dit weggevat word.

7Een van die diensknegte van Sha’ul was daardie dag daar, teruggehou voor יהוה en sy naam was Do’eg, die Edomiet, die hoof van Sha’ul se veewagters.

8Dawid sê vir Agimelekh: “Is hier nie ’n spies of ’n swaard byderhand nie? Want ek het nie my swaard of my wapens saam met my gebring nie, want die opdrag van die koning was dringend.” 9Toe sê die priester: “Die swaard van Golyat, die F’lishtyn, wat u in die vallei van Elah doodgemaak het, is daar agter die skouerkleed in ’n lap toegedraai; as u dit vir uself wil vat, vat dit, want daar is geen ander behalwe dit hier nie.” Dawid het gesê: “Daar is geen ander soos hy nie, gee dit vir my.”

10Toe het Dawid opgestaan en dié dag van Sha’ul af weggevlug en na Akhish, die koning van Gat, toe gegaan.

11Die diensknegte van Akhish het egter vir hom gevra: “Is dit nie Dawid, die koning van die land nie? Het hulle nie vir hom gesing terwyl hulle gedans en gesê het: ‘Sha’ul het sy duisende verslaan en Dawid sy tienduisende,’ nie?”

12Dawid het hierdie woorde ter harte geneem en baie bang geword vir Akhish, die koning van Gat; 13daarom het hy sy sinne voor hulle weggesteek en kranksinnig in hulle hande opgetree en op die deure van die poort geskryf en sy speeksel in sy baard laat afloop. 14Toe sê Akhish vir sy diensknegte: “Let op, julle sien die man tree op soos ’n mal mens. Hoekom bring julle hom na my toe? 15Het ek ’n gebrek aan kranksinniges dat julle hierdie een gebring het om as kranksinnige op te tree voor my? Moet so een in my huis inkom?”

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
1 Samuel 20
Top of Page
Top of Page