1 Kronieke 5
Afrikaans PWL
1Die seuns van Re’uven, die eersgeborene van Yisra’el, want hy was die eersgeborene van die vader, maar omdat hy die bed van sy vader onteer het, is sy eersgeboortereg aan die seuns van Yosef, sy broer, die seun van Yisra’el, gegee en op sy twee seuns het die seëning meer gekom as op al die stamme van Yisra’el. 2Alhoewel vanuit Y’hudah, Die Gesalfde Een, die Koning sal kom, word die seëninge aan Yosef gegee. 3Die seuns van Re’uven, die eersgeborene van Yisra’el, was Hanokh, Pallu, Hetzron en Karmi. 4Die seuns van Karmi: sy seun S’ma’yah, sy seun Gog, sy seun Shim’i, 5sy seun Mikhah, sy seun Re’ayah, sy seun Ba’al, 6sy seun Be’erah, vir wie Tilgat-Piln’eser, koning van Ashur, in ballingskap weggevoer het; hy was die prins van die stam van die Re’uveniete. 7Sy broers volgens hulle families, toe die geslagsregister van hulle nageslagte bereken is: Ye’i’el, die leier en Z’kharyah, tweede in bevel, 8Bela, die seun van `Azaz, die seun van Sh’ma, die seun van Yo’el, wat in `Aro’er, tot by N’vo en die vlakte van Me’on gebly het. 9Ooswaarts het hy tot by die grens van die woestyn, van die Eufraatrivier af, betrek, want hulle vee het vermenigvuldig in die land van Gil’ad. 10In die dae van Sha’ul het hulle oorlog gevoer teen die Arabiere, die inwoners van Sekah en is oorgegee in hulle hande en hulle het in hulle tente gebly aan die hele oostekant van Gil’ad.

11Die seuns van Gad het oorkant hulle gebly in die land van Bashan tot by Siva en Salkah. 12Yo’el was hulle leier en hy het hulle geoordeel en aan hulle goeie Skrifte geleer. 13Hierdie was die seuns van Avigayil, die seun van Huri, die seun van Yaroag, die seun van Gil’ad, die seun van Mikha’el, 14die seun van `Avdi’el, die seun van Agi, wat hoofde van die huise van hulle vaders was. 15Hulle het in Bashan gebly en in sy dorpies. 16Hulle almal is in die geslagsregister opgeneem in die dae van Y’hotam, koning van Y’hudah en in die dae van Yarov’am, koning van Yisra’el. 17Die Re’uveniete, Gadiete en die halwe stam van M’nasheh, dapper manne, in staat om swaard en skild te dra en met die boog te skiet, bedrewe in oorlog, was vier en veertig duisend ses honderd, ses en sestig.

18Hulle het almal uitgegaan en geveg teen die inwoners van Sekah 19en Sekah is in hulle hand oorgegee, want hulle het tot יהוה gebid in die geveg en Hy het hulle stem gehoor omdat hulle hul vertroue op Hom geplaas het. 20Hulle het ’n oorvloed goedere en beeste weggedra, vyftig duisend kamele, twee honderd en vyftig duisend skape, twee duisend donkies en ’n honderd duisend mense. 21Baie van hulle wat in tente gebly het, het gesneuwel en hulle wat oorgebly het, het in hulle tente gebly. 22Die seuns van die halwe stam van M’nasheh het in die land van Bashan gebly tot so ver as die vlakte van berg Hermon en so ver as Har; daar het hulle vermenigvuldig en baie geword.

23Hierdie was die leiers van die huise van hulle vaders: `Efer, Yish’i, Eli’el, `Azri’el, Yirmeyah, Hodvyah en Yagdi’el, 24almal magtige, dapper manne, manne van naam, leiers van die huise van hulle vaders

25en hulle het oortree teen die God van hulle vaders en afgedwaal agter die gode van die volke van die land aan, wat God voor hulle uit vernietig het. 26Die God van Yisra’el het die gees van Tilgat-Piln’eser, koning van Ashur, aangehits en hy het hulle weggevoer: die stam van Re’uven, die stam van Gad en die halwe stam van M’nasheh en hulle gebring na Halag, Havor, Hara en na die Gozanrivier, stede van Mede. Hulle bly tot vandag toe daar.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
1 Chronicles 4
Top of Page
Top of Page