1 Kronieke 24
Afrikaans PWL
1Hierdie is die afdelings van die seuns van Aharon. Die seuns van Aharon was Nadav, Avihu, El’azar en Itamar. 2Nadav en Avihu het egter in hulle vader se leeftyd gesterf en het geen seuns gehad nie; daarom het El’azar en Itamar die priestersamp bedien. 3Dawid het hulle ingedeel, beide Tzadok, uit die seuns van El’azar en Agimelekh, uit die seuns van Itamar, volgens hulle ampte in hul diens. 4Daar is meer hoofde gevind van die seuns van El’azar as van die seuns van Itamar en daarom het hy hulle verdeel: vir die seuns van El’azar sestien hoofde van hul vaders se huise en vir die seuns van Itamar, volgens hulle families, agt. 5Hy het hul deur die lot verdeel, beide families dieselfde, want hulle was die leierpriesters van die Afgesonderde Plek en outoriteit oor die priesters, beide oor die seuns van El’azar en oor die seuns van Itamar. 6Sh’ma’yah, die seun van N’tan’el, die skrywer, ’n Leviet, het hulle opgeskryf in die teenwoordigheid van koning Dawid, die oudstes van Yisra’el, Tzadok, die priester en Agimelekh, die seun van Evyatar en die hoofde van die vaders van die priesters en die Leviete; een hoof familie is gegee vir El’azar en een vir Itamar.

7Die eerste lot het geval vir Y’hoyariv, die tweede vir Y’da’yah, 8die derde vir Harim, die vierde vir S’orim, 9die vyfde vir Malkiyah, die sesde vir Miyamin, 10die sewende vir Hakkotz, die agtste vir Aviyah, 11die negende vir Yeshua, die tiende vir Sh’kanyahu, 12die elfde vir Elyashiv, die twaalfde vir Yakim, 13die dertiende vir Huppah, die veertiende vir Yeshev’av, 14die vyftiende vir Bilgah, die sestiende vir Immer, 15die sewentiende vir Hezir, die agttiende vir HaPitzetz, 16die negentiende vir P’tagyah, die twintigste vir Yegezk’el, 17die een en twintigste vir Jakhin, die twee en twintigste vir Gamul, 18die drie en twintigste vir D’layahu en die vier en twintigste vir Ma’azyahu. 19Hierdie was hulle nommers volgens hulle diens, om in die huis van יהוה in te gaan volgens die instellings, soos voorgeskryf deur die raad van hul vader Aharon, soos יהוה, die God van Yisra’el, hom beveel het.

20Die res van die seuns van Levi was hierdie: van die seuns van `Amram: Shuva’el; van die seuns van Shuva’el: Yegd’yah. 21Van die seuns van Regavyahu: Yishiyah, die eersgeborene, 22dan Zahor en Shlomot; van die seuns van Shlomot: Yagat, 23Yirmeyahu, Yagzi’el en Y’kam’am. 24Van die seuns van `Uzi’el: Mikhah; van die seuns van Mikhah: Shamir en Yishiyah. 25Van die seuns van Yishiyah: Z’kharyahu. 26Die seuns van M’rari was Magli en Mushi; die seun van Ya’aziyahu: Beno. 27Die seuns van M’rari deur sy seun Ya’aziyahu was Beno, Shoham, Zakkur en `Ivri. 28Van Magli: El’azar wat geen seuns gehad het nie. 29Van Kish, die seun van Kish was Yeragme’el. 30Ook die seuns van Mushi: Magli, `Eder en Yerimot. Hierdie was die seuns van die Leviete volgens hulle families. 31Hulle het ook die lot gewerp net soos hulle broers, die seuns van Aharon, in die teenwoordigheid van koning Dawid, Tzadok, Agimelekh en die hoofde van die huise van die vaders van die priesters en van die Leviete en ook die hoof vaders oor hulle jonger broers.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
1 Chronicles 23
Top of Page
Top of Page