1 Kronieke 16
Afrikaans PWL
1Hulle het die ark van יהוהingebring en dit op sy plek gesit in die tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het en hulle het brandoffers en vredesoffers gebring voor die ark van יהוה. 2Toe Dawid klaar die brandoffers en die vredesoffers gebring het, het hy die volk van Yisra’el geseën in die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה-Tzva’ot (van die leërmagte). 3Hy het aan elkeen van Yisra’el, manne sowel as vroue, jong manne en klein kindertjies, ’n brood, ’n stuk vleis en ’n fyn witbrood uitgedeel. Toe het al die mense weggegaan, elkeen na sy eie huis.

4Hy het sekere Leviete aangestel om te bedien voor die ark van יהוה en om יהוה, die God van Yisra’el, aan te roep, te dank en te lofprys: 5Asaf, die hoof en Z’kharyah na hom en ook, Ye’i’el, Yegi’el, Mattityahu, Eli’av, B’nayah en `Oved-Edom; Ye’i’el met musiek en sang en Asaf met die simbale. 6Hierdie is al die priesters wat voortdurend met trompette voor die ark van יהוה geblaas het.

7Op daardie dag het Dawid hierdie gedig met instrumentale musiek gelewer, beide hy en die oudstes van die priesters en die Leviete, om יהוה te lofprys, in die teenwoordigheid van Asaf en sy broers. Hierdie is die samevatting van die liedere wat Dawid op daardie dag voor die ark van יהוה gesing het.

8“Gee dank aan יהוה, roep Sy Naam (Karakter en Outoriteit) aan, maak Sy dade bekend onder die volke!

9Sing tot Hom, gee dank aan Hom, vertel van al Sy wonderdade.

10Roem in Sy afgesonderde Karakter en Outoriteit (Naam); laat die verstand, wil en emosie van dié wat יהוה soek, verheug wees.

11Soek na יהוהen Sy sterkte; bid voortdurend voor Hom.

12Onthou die wonderdade wat Hy gedoen het, Sy wonders en die regverdige oordele van Sy mond,

13o julle, die nageslag van Avraham, Sy dienskneg, seuns van Yisra’el, Sy gekoses!

14Hy is יהוה, ons God; Sy oordele is oor die hele aarde.

15Dink aan Sy verbond vir ewig, die boodskap wat Hy beveel het aan ’n duisend geslagte,

16Sy eed aan Avraham en die verbond wat Hy met Yitz’gak se seuns gesluit het;

17wat Hy bevestig het aan Ya’akov as ’n wet en aan Yisra’el as ’n ewige verbond,

18deur te sê: “Ek sal aan jou die land Kena’an gee, die bepaalde deel van jou erfporsie.

19Toe julle maar min was, min in getal en vreemdelinge daarin

20en toe julle gevange weggevoer is van nasie tot nasie en van een koninkryk na ’n ander,

21het Hy nie die heersers toegelaat om julle skade aan te doen nie, ja, hy het konings gestraf om julle ontwil

22en gesê: “Raak nie aan My gesalfdes en doen My profete geen kwaad nie.”

23Sing tot יהוה, o ganse aarde! Wys Sy verlossing van dag tot dag.

24Verkondig Sy lof en eer onder die nasies,

25want יהוה is groot en moet in ’n hoë mate geloof word en Hy moet bo al die konings respekvol gevrees word,

26want al die afgode van die volke is beelde, maar יהוה het die hemele gemaak.

27Lof, eer en majesteit is in Sy Teenwoordigheid; krag en grootheid is in Sy Afgesonderde Plek.

28Gee dank aan יהוה, o families van die volke, gee dank aan יהוה weens Sy eer en sterkte.

29Gee dank aan יהוה met die eer wat Sy Naam (Karakter en Outoriteit) toekom, bring offers en gee dank in Sy Teenwoordigheid met die gebed van jou mond; aanbid יהוה met afgesonderde liedere.

30Bewe voor Hom, o ganse aarde! Ook die wêreld sal stabiel wees sodat dit nie beweeg word nie.

31Laat die hemele bly wees en die aarde juig en laat die mens onder die volke sê: “יהוה heers!”

32Laat die see en sy volheid brul, laat die velde juig en alles wat daarin is,

33dan sal die bome van die woud lofprysing sing in die Teenwoordigheid van יהוה, want Hy kom om die aarde te oordeel. Hy sal die wêreld regverdig oordeel en die mense in getrouheid bestraf.

34Gee dank aan יהוה, want Hy is goed, want Sy liefdevolle goedheid is tot in ewigheid.

35Red ons, o יהוה, red ons en maak ons bymekaar, bring ons terug vanaf die nasies sodat ons dank kan bring aan U afgesonderde Karakter en Outoriteit (Naam) en ons kan roem in U lofprysinge!

36Geseënd is יהוה, die God van Yisra’el, vir ewig en ewig! Dan sal al die mense sê: ‘Dit is waar!’ Laat hulle almal יהוה loof met ’n aangename en suiwer mond.”

37Hy het vir Asaf en sy broers daar voor die ark van die verbond van יהוה laat staan om voortdurend in die Teenwoordigheid van יהוה te bedien, elkeen op sy bepaalde tyd, 38asook vir `Oved-Edom met sy broers, agt en sestig en `Oved-Edom, die seun van Y’dutun en Hosah was wagters van die buitenste poorte 39en Tzadok, die priester, met sy broers, die priesters, hulle was al die priesters wat voor die tabernakel van יהוה, in Giv’on, bedien het, 40om voortdurend in die oggend en aand brandoffers op die brandofferaltaar tot יהוה te bring en om te doen volgens alles wat geskrywe is in die wet van יהוה wat Hy deur Moshe gegee het om die seuns van Yisra’el te leer. 41Hierdie is die name van die manne wat opgestaan het en lofprysinge gesing het om dank aan יהוה te gee, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig: Heman, Y’dutun en die ander regverdige manne wat nie by naam genoem is nie. 42Hierdie regverdige manne het nie dank gebring met die sanginstrumente, of met tamboeryne, of slaginstrumente, of die gedraaide trompette of reguit trompette, of met simbale nie, maar met ’n aangename stem en suiwer en volmaakte gebed en met onpartydige opregtheid en met reinheid tot יהוה-Tzva’ot, God van Yisra’el.

43Toe het Dawid die mense laat gaan en elkeen het na sy eie huis teruggekeer. Dawid het teruggegaan om sy huishouding te seën.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
1 Chronicles 15
Top of Page
Top of Page