1 Kronieke 14
Afrikaans PWL
1Hiram, koning van Tzor, het boodskappers na Dawid gestuur met sederhout, messelaars en skrynwerkers om vir hom ’n huis te bou. 2Dawid het gesien dat יהוהhom as koning oor Yisra’el gekies het, want Sy koninkryk is opgelig ter wille van Sy volk Yisra’el.

3Dawid het meer vroue gevat in Yerushalayim nadat hy van Hevron af gekom het en daar is vir hom nog seuns en dogters gebore. 4Hierdie is die name van die seuns wat vir hom gebore is in Yerushalayim: Shamua, Shovav, Natan, Shlomo, 5Yivgar, Elishua, Elyada, 6Nogah, Nefeg, Yafia, 7Elishama, Elyadah en Elifelet.

8Nadat die F’lishtyne gehoor het dat Dawid as koning oor die hele Yisra’el gesalf is, het al die F’lishtyne opgetrek om Dawid te soek. Dawid het daarvan gehoor en teen hulle uitgegaan. 9Die F’lishtyne het gekom en uitgekamp in die vallei van die reuse. 10Dawid het God geraadpleeg en gesê: “Sal ek opgaan teen die F’lishtyne en sal U hulle in my hand gee?” יהוה het vir hom gesê: “Gaan op, want Ek sal hulle in jou hand gee.” 11Hulle het opgegaan tot by Ba’al-P’ratzim en Dawid het hulle daar verslaan. Toe het Dawid gesê: “God het ingebreek op my vyande voor my soos die uitbreek van water; daarom het hulle die plek Ba’al-P’ratzim genoem. 12Toe hulle hul afgode daar agtergelaat het, het Dawid bevel gegee aan sy magtige manne en gesê: “Verbrand hulle met vuur en verstrooi hulle as in die wind.”

13Die F’lishtyne het weer opgekom en in die vallei van die reuse gekamp; 14daarom het Dawid God weer geraadpleeg en God het vir hom gesê: “Jy moenie agter hulle aan opgaan nie, maar draai weg van hulle af en gaan val hulle van voor af aan. 15Dit sal wees, wanneer jy die klank van ’n gehuil op die top van die berg hoor, dan moet jy opgaan vir die geveg, want God het voor jou uitgegaan om die leër van die F’lishtyne te verslaan.” 16Dawid het daarom gedoen wat יהוה hom beveel het en hulle het die leër van die F’lishtyne verslaan vanaf Giv’on tot by Gezer. 17Die naam van Dawid het uitgegaan in al die lande en יהוה het die vrees vir hom oor al die nasies gebring.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
1 Chronicles 13
Top of Page
Top of Page