1 Kronieke 1
Afrikaans PWL
1Adam, Shet, Enosh, 2Kenan, Mahalal’el, Yered, 3Hanokh, Metushelag, Lemekh, 4Noag, Shem, Gam en Yefet.

5Die seuns van Yefet was: Gomer, Magog, Madai, Yavan, Tuval, Meshekh en Tiras. 6Die seuns van Gomer was: Ashkenaz, Rifat en Togarmah. 7Die seuns van Yavan was: Elishah, Tarshish, die Kittiërs en Dodaniete.

8Die seuns van Gam was: Kush en Mitzrayim, Put en Kena’an. 9Die seuns van Kush was: S’va, Havilah, Savta, Ra’mah en Savt’kha; die seuns van Ra’mah was: Sh’va en D’dan. 10Kush was die vader van Nimrod - hy was die eerste magtige man op aarde.

11Mitzrayim was die vader van die Ludiete, `Anamiete, L’haviete, Naftugiete, 12Patrusiete en Kaslugiete, waaruit die P’listyne voortgekom het en die Kaftoriete.

13Kena’an was die vader van Tzidon, sy eersgeborene, Het, 14die Y’vusiete, Emoriete, Girgashiete, 15die Hiviete, `Arkiete, Siniete, 16die Arvadiete, Tz’mariete en Hamatiete.

17Die seuns van Shem was: `Eilam, Ashur, Arpakhshad, Lud, Aram, `Utz, Hul, Geter en Meshekh. 18Arpakhshad was die vader van Shelag en Shelag van `Ever. 19Vir `Ever is twee seuns gebore; die naam van die een was Peleg, want in sy dae was die aarde verdeeld en sy broer se naam was Yoktan. 20Yoktan was die vader van Almodad, Shelef, Hatzar-Mavet, Yerag, 21Hadoram, Uzal, Diklah, 22`Oval, Avima’el, Sh’va, 23Ofir, Havilah en Yovav; hulle was almal seuns van Yoktan.

24Shem, Arpakhshad, Shelag, 25`Ever, Peleg, Re’u, 26S’rug, Nagor, Terag, 27Avram, wat Avraham was.

28Die seuns van Avraham was Yitz’gak en Yishma’el. 29Hierdie is hulle nageslag: die eersgeborene van Yishma’el was N’vayot; dan Kedar, Adbe’el, Mivsam, 30Mishma, Dumah, Massa, Hadad, Teima, 31Y’tur, Nafish, Kedmah; hulle was die seuns van Yishma’el. 32Die seuns van K’turah, die byvrou van Avraham: sy het geboorte gegee aan Zimran, Yokshan, Medan, Midyan, Yishbak en Shuag. Die seuns van Yokshan was Sh’va en D’dan. 33Die seuns van Midyan was `Eifah, `Efer, Hanokh, Avida en Elda’ah. Hulle was almal seuns van K’turah.

34Avraham was die vader van Yitz’gak. Die seuns van Yitz’gak was `Esav en Yisra’el. 35Die seuns van `Esav: Elifaz, Re’u’el, Ya’lam en Korag. 36Die seuns van Elifaz was Teman, Omar, Tzefo, Ga’tam, K’naz, Timnah en `Amalek. 37Die seuns van Re’u’el was Nagat, Zerag, Shammah en Mizah. 38Die seuns van Se’ir was Lotan, Shoval, Tziv’on, `Anah, Dishon, Etzer en Dishan. 39Die seuns van Lotan was Hori en Hemam; die suster van Lotan was Timnah. 40Die seuns van Shoval was `Alvan, Managat, `Eival, Sh’fo en Onam; die seuns van Tziv’on was Ayah en `Anah. 41Die seuns van `Anah was Dishon; die seuns van Dishon: Hemdan, Eshban, Yitran en K’ran. 42Die seuns van Etzer was Bilhan, Za’avan en `Akan. Die seuns van Dishan was `Utz en Aran.

43Hierdie is die konings wat in die land van Edom regeer het voordat enige koning oor die seuns van Yisra’el regeer het: Bela, die seun van B’or en die naam van sy stad was Dinhavah. 44Toe Bela gesterf het, het Yovav, die seun van Zerag, uit Botzrah, in sy plek regeer. 45Na hom het Husham, vanaf die land van Temani, in sy plek regeer. 46Toe Husham sterf, het Hadad, die seun van B’dad, wat vir Midyan in die velde van Mo’av verslaan het, in sy plek regeer en die naam van sy stad was `Avit. 47Toe Hadad sterf, het Samlah van Masrekah in sy plek regeer. 48Toe Samlah sterf, het Sha’ul van Regovot, by die rivier, in sy plek regeer. 49Toe Sha’ul sterf, het Ba’al-Ganan, die seun van `Akhbor in sy plek regeer. 50Toe Ba’al-Ganan sterf, het Hadar in sy plek regeer en die naam van sy stad was Pa’u; die naam van sy vrou was M’heitav’el, die dogter van Matred, die dogter van Mei-Zahav. 51Hadar het ook gesterf en die prinse van Edom was prins Timna, prins `Alvah, prins Y’tet, 52prins Oholivamah, prins Elah, prins Pinon, 53prins Kenaz, prins Teman, prins Mivtzar, 54prins Magdi’el, prins `Iram. Hierdie was die prinse van Edom.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
2 Kings 25
Top of Page
Top of Page